Skip to content

DA stel wetsonwerp voor wat afgedankte ampsdraers sal verhoed om openbare poste te beklee

# Die DA het ’n Privaatlede-wetsontwerp voorgestel om te voorkom dat afgedankte ampsdraers weer ‘n openbare amp kan beklee. Die wetsontwerp wil die grondwet wysig om afgedankte regters en voormalige hoofde van Hoofstuk Nege-instellings wat weens wangedrag verwyder is, te verhinder om lede van die parlement, die provinsiale wetgewers, of munisipale rade te word. Die publiek het tot 31 August om kommentaar aan die Nasionale Vergadering voor te lê. Glynnis Breytenbach van die DA sê om sulke persone toe te laat om te dien, ondermyn openbare vertroue in staatsinstellings.