Skip to content

Rugby: Britse en Ierse Leeus se haker Dan Sheehan vir vier wedstryde geskors

# Die Britse en Ierse Leeus se haker, Dan Sheehan, is vir vier wedstryde geskors ná ‘n gevaarlike beweging in Saterdag se derde toets in Sydney. Die Ier het in ʼn losgemaal ingestorm en die Australiese losskakel, Tom Lynagh, teen die kop getref. Wêreldrugby se onafhanklike hersieningskomitee beskou Sheehan se optrede as roekeloos. Die straf sal tot drie wedstryde verminder word as hy ʼn afrigtings-ingrypingskursus voltooi. Sheehan is nie beskikbaar vir Leinster se voorseisoense wedstryd teen Cardiff en die Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryde teen die Stormers en die Haaie nie.