Skip to content

’n Brasiliaanse hof beveel dat oudpresident Bolsonaro onder huisarres geplaas word

# Die Brasiliaanse Hooggeregshof het opdrag gegee dat die voormalige regse president, Jair Bolsonaro, onder huisarres geplaas word nadat hy nie weerhoudingsbevele nagekom het nie. Hy het ʼn verbod op die gebruik van sosiale media oortree wat verlede maand opgelê is, toe hy ook beveel is om ʼn elektroniese enkelband te dra. Bolsonaro is tans in die hof oor ʼn beweerde komplot om die uitslag van die 2022-presidentsverkiesing wat president Luiz Inácio Lula da Silva gewen het, om te keer. Indien hy skuldig bevind word, kan hy meer as 40 jaar tronk toe gaan.