# ‘n Beampte van die Johannesburgse metropolisie, Raymond Nkosinathi Mzizi, is tot ses jaar tronkstraf gevonnis nadat hy op drie aanklagte van strafbare manslag skuldig bevind is. Die woordvoerder van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat, Lizzy Suping, sê Mzizi was in 2018 in ‘n ongeluk met ‘n motor en ‘n minibus-taxi op die Goue Hoofweg betrokke. Twee dogters en ‘n kleinkind van die bestuurder van die motor is dood. Suping sê Mzizi is ook tot 12 maande tronkstraf gevonnis vir die ongemagtigde gebruik van ‘n staatsvoertuig:
Metropolisiebeampte tot ses jaar tronkstraf gevonnis vir noodlottige ongeluk op Goue Hoofweg [KLANK]
ENG-SupingOnOfficer