Skip to content

Tien polisiebeamptes gearresteer vir korrupsie by Edenvale-polisiestasie

# Tien polisiebeamptes is in hegtenis geneem vir diefstal en korrupsie wat verband hou met ‘n Junie-operasie. SABC News berig die groep sluit ses beamptes van die Ekurhuleni Metro-polisiedepartement en vier van die Tsakane-polisiestasie in. Die verdagtes het na bewering ná ‘n klopjag op winkels, nie die goedere en duisende rand kontant waarop beslag gelê is, aangeteken nie. Ondersoeke het gelei tot die beamptes se inhegtenisneming en hulle sal na verwagting eersdaags in die hof verskyn.