# Die parlementêre gekose komitee oor Openbare Infrastruktuur sê die skorsing van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust se hoof, Tebogo Malaka, is ‘n aanduiding dat die instelling gevolgebestuur ernstig opneem – iets wat lankal moes gebeur het. Haar skorsing volg ná ʼn forensiese ondersoek na ʼn mislukte suurstofaanlegprojek van 836-miljoen-rand. Die komiteevoorsitter, Rikus Badenhorst, sê hulle wil ʼn volledige hersiening van interne beheer- en verkrygingstelsels by die trust hê om seker te maak sulke misbruik van staatsfondse gebeur nooit weer nie:
Parlementêre komitee verwelkom skorsing van Onafhanklike Ontwikkelingstrust se hoof [KLANK]
ENG BadenhorstOnIDT