# Cope sê die voortgesette erosie van etiese regering onder Ramaphosa se leierskap is verraad teen die demokratiese waardes waarvoor Suid-Afrikaners geveg het. Die party sê adjunkpresident Paul Mashatile se versuim om ‘n diamantgeskenk van ‘n twyfelagtige sakeman te verklaar, tesame met Ramaphosa se weiering om aanspreeklikheid te eis, illustreer ‘n leierskapsgaping wat deur straffeloosheid gekenmerk word. Teboho Loate van Cope sê Ramaphosa se stilswye en afwysing bevorder ‘n houding van geen aanspreeklikheid wat openbare vertroue ondermyn:
COPE sê daar is ‘n kultuur van geen aanspreeklikheid onder Ramaphosa se leierskap [KLANK]
ENG TebohoonRamaphosa