# Krieket: Engeland kort 35 lopies vir ‘n toetsreeksoorwinning oor Indië. Die gasheer het met uitskeityd op die voorlaaste dag 339 vir ses gehad op die Oval, in Londen. Die besoekers het vier paaltjies nodig om die reeks gelykop te maak. Harry Brook en Joe Root het 195 lopies om die vierde paaltjie aangeteken en Engeland naby die wenteiken gebring. Prasidh Krishna het in die laaste skof twee vinnige paaltjies platgetrek om Indië se kanse lewend te hou nadat hulle weens reën ʼn uur vroeër moes ophou speel.
Krieket: Toetsreeks tussen Engeland en Indië beloof spannende einde