# Israel se verregse minister van Nasionale Veiligheid, Itamar Ben-Gvir, het gramskap op die hals gehaal nadat hy ‘n groep aanbidders in gebede by die Al-Aqsa-moskee, die sensitiefste heilige plek in Jerusalem, gelei het. Dit is ten spyte van ‘n dekades oue reëling dat enigiemand die terrein mag besoek, maar slegs Moslems daar mag bid. Die Palestynse ministerie van Godsdienssake het Ben Gvir se besoek veroordeel en hom ‘n ekstremis genoem. Jordanië, ‘n beskermheer van die terrein, het die minister se besoek beskryf as ‘n onaanvaarbare uitlokking en ‘n blatante skending van internasionale reg.
Verregse Israelse minister gekritiseer vir gebed by Jerusalem se mees sensitiewe heilige plek