Skip to content

Minister Gwarube vra vir samewerking om vroeë kinderontwikkeling uit te brei

# Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, versoek alle belanghebbendes in die regering, die burgerlike samelewing en die privaatsektor om kragdadige stappe te doen om toegang tot gehalte-vroeëkinderontwikkeling regoor Suid-Afrika uit te brei, veral in agtergeblewe gemeenskappe. Gwarube sê die sistemiese ongelykhede wat die toekomsvooruitsigte van Suid-Afrika se kinders van vroeg af beïnvloed moet uit die weg geruim word. Die minister sê twee kinders wat in dieselfde land gebore word se kanse op sukses kan drasties verskil as gevolg van hul beginjare.