Skip to content

Rugby: Leeus kry vyf by op punteleer na Westelike Provinsie-oorwinning

# Rugby: Die Leeus het gistermiddag ‘n oortuigende oorwinning van 40-19 oor die Westelike Provinsie in Johannesburg behaal. Hulle het nou vyf punte op die punteleer bygevoeg vir elk van die twee wedstryde wat hulle tot dusver in hierdie seisoen se Curriebeker-kompetisie gespeel het. Die Leeus het vyf drieë en ‘n strafdrie gedruk teenoor die WP se drie drieë. Die Bulle en die Leeus is boaan die punteleer met tien punte elk, gevolg deur die Cheetahs met sewe en die Pumas met ses. Die Haaie en Westelike Provinsie is heel onder sonder enige punte na twee wedstryde elk.