Skip to content

Rugby: Bulle verpletter Haaie in rekordoorwinning

# Rugby: Die Bulle het gister hulle stemme dik gemaak toe hulle die Haaie met 64-0 in ‘n dominerende Curriebeker-wedstryd op Loftus Versfeld geklop het. Dit was die Bulle se grootste oorwinning oor hul mededingers uit Piesangland. Die byna tienduisend ondersteuners wat die koue in Pretoria trotseer het, het gesien hoe die tuisspan 10 drieë druk sonder dat die besoekers een keer agter die pale gedraai het. Phiwe Nomlomo se span is nou ná twee wedstryde onoorwonne. Verlede naweek het hulle die Westelike Provinsie verslaan en is saam met die Leeus die vroeë gunstelinge vir die titel.