# Swem: Die Suid-Afrikaanse swemsensasie Pieter Coetzé is deur na die halfeindronde van die 50-meter rugslag by die 2025 Wêreld-waterkampioenskap in Singapoer. Hy het eerste in sy uitdun geëindig in ‘n tyd van 24,36 sekondes en was die tweede vinnigste kwalifiseerder vir die halfeindronde. Coetzé het twee dae gelede die goue medalje in die 100-meter rugslag gewen en dit Vrydag opgevolg met ‘n Afrika-rekord en ‘n silwermedalje in die 200-meter rugslag.
Swem: Coetzé is deur na halfeindronde van 50 m rugslag