Skip to content

Rugby: Jandre Nel se vier drieë lei Cheetahs na eerste oorwinning

# Rugby: Die skrumskakel Jandre Nel se vier drieë het aanleiding gegee tot die Cheetahs se eerste Curriebeker-oorwinning van 42-25 oor die Pumas in Bloemfontein gisteraand. Die tuisspan was rustyd met 28-13 voor. Die ander puntemakers was Neels Volschenk en CJ Coetzee wat gesorg het dat die Cheetahs met ses drieë ‘n bonuspunt-oorwinning behaal. Dit was die Pumas se eerste nederlaag van die seisoen. Hulle het vier drieë gedruk. Die skrumskakel, Ross Braude het vir twee gesorg, terwyl senter Sango Zamlashe en senter Wian van Niekerk elk een bygevoeg het.