# Krieket: Pakistan mag wel as die gunstelinge beskou word vir vanmiddag se eindstryd van die Wêreldkampioenskap van Legendes teen Suid-Afrika by Edgbaston in Engeland, maar voormalige Proteas kaptein, AB de Villiers se span sal tot die einde terugveg. Pakistan was gedurende die toernooi deurgaans die gunstelinge in die toernooi vir die internasionale sterre van vroëer. Hulle het al hulle wedstryde gewen en Suid-Afrika met 31 lopies geklop, maar Suid-Afrika het verbeter en ‘n sprankelende oorwinning in die halfeindstryd teen Australië behaal. Die wedstryd begin om 5.30 nm.
Krieket: AB se manne vandag teen Pakistan in eindstryd van Wêreldkampioenskap van Legendes