# Rugby: Die hoofafrigter van die Britse en Ierse Leeus, Andy Farrell, het voorstelle dat die toeriste nie weer Australië moet besoek nie, as onsin afgemaak. Het het die voorstel dat die Wallabies se rugby so ver agteruit gegaan het, as beledigend beskryf. Farrell sê alle spanne het hoogtepunte en laagtepunte, en Australië sal altyd herstel. Hy sê die Leeus het ‘n wonderlike tyd gehad. Die Leeus het reeds die reeks gewen nadat hulle die eerste twee toetse gewen het. Die voorspelerafrigter, John Dalziel het sy manne aangespoor om vandag in die laaste toets in Sydney ‘n 80-minute vertoning te lewer.
Rugby: Leeus-afrigter verwerp voorstelle dat hulle nie weer Australië moet besoek nie