# Rugby: Die Springbokvroue wil hulle beste lewer vir hulle ondersteuners wanneer hulle vanmiddag op die Athlone-stadion in Kaapstad teen ‘n Black Ferns-vyftiental van Nieu-Seeland te staan kom in hulle tweede internasionale vriendskaplike wedstryd. Die besoekers het verlede week 34-26 gewen. Bok-kaptein Babalwa Latsha sê hierdie keer sal hulle daarop fokus om die kleinere aspekte van die spel eers reg te kry. Sy verwag ‘n hoë intensiteit-wedstryd, met geweldige fisieke spel en ongelooflike aksie. Kaartjies is nog by Quicket beskikbaar teen 20-rand per persoon. Die wedstryd begin vyf-uur.
Rugby: Springbok-vroue oorgehaal vir taai wedstryd teen die Black Ferns