Skip to content

Krieket: Engeland boul Indië uit vir slegs 224 op tweede oggend op die Oval

# Krieket: Gus Atkinson was Engeland se beste bouler in Indië se eerste beurt in die laaste toets op die Oval in Londen. Hy het vyf paaltjies geneem en gehelp om die besoekers vir slegs 224 uit te knikker. Josh Tongue het drie paaltjies platgetrek. Indië het op die tweede oggend hulle beurt hervat op 204 vir ses en die laaste vier paaltjies het binne ‘n halfuur gekantel. Karun Nair was Indië se beste kolwer met 57. Engeland loop 2-1 voor in die reeks van vyf toetse.