# Die DA verwelkom die Hooggeregshof in Pretoria se tersydestelling van die Stad Tshwane se skoonmaakheffing wat onregmatig en ongeldig verklaar is. AfriForum het ʼn dringende aansoek gebring teen die metro se besluit om die nuwe verpligte maandelikse heffing van 194-rand-37-sent, wat byna 260-duisend huishoudings en sakeondernemings sou raak, in te stel. Jacqui Uys van die DA sê die uitspraak laat die metro met ʼn tekort van 540-miljoen-rand in sy begroting: