Skip to content

Tennis: Musetti uitgeskakel by Kanadese Ope maar Ruud en Gauff vorder

# Tennis: Derde gekeurde Lorenzo Musetti van Italië is by die Kanadese Ope uitgeskakel na ʼn nederlaag in die derde ronde teen die Amerikaner, Alex Michelsen. Die agtste gekeurde Noorweër, Casper Ruud, het die vierde ronde gehaal nadat hy Nuno Borges van Portugal verslaan het. Hy kom nou teen die Rus, Karen Khachanov, te staan wat met die Amerikaanse kwalifiseerder, Emilio Nava, afgereken het. In die vrouetoernooi in Montreal is die topgekeurde Amerikaner, Coco Gauff, deur na die vierde ronde na sy Veronika Kudermetova van Rusland geklop het.