# Rugby: Die Wallabie-skrumskakel Nic White gaan uittree na die laaste toets teen die Britse en Ierse Leeus. Die 35-jarige het sedert 2013 72 toetse gespeel en 46 punte aangeteken. White sê hy het as jong seun daarvan gedroom om die goue trui oor sy kop te trek en is ongelooflik trots op wat hy bereik het, maar dis nou die regte tyd vir hom om die leisels aan ‘n jonger geslag te oorhandig. Hy sal die nommer nege-trui dra in Saterdag se toets in Sydney.
Rugby: Wallabie-skrumskakel Nic White gaan uittree na laaste toets teen die Leeus