# Oekraïne se president, Volodimir Zelensky, sê die wêreld moet aandring op ‘n regime-verandering in Rusland want president Vladimir Putin sal andersins net voortgaan om sy buurstate onbestendig te maak. Zelensky het gepraat op ‘n konferensie wat die 50ste herdenking van die ondertekening van die Finale Akte van Helsinki vier. Hy sê Rusland se krygsmasjien moet ten volle versper word. Zelensky sê dis tyd dat Russiese bates nie net gevries moet word nie, maar in beslag geneem en aangewend word om vrede te bevorder en nie oorlog nie.
Zelensky vra ‘n regime-verandering in Rusland om te keer dat Putin sy buurlande destabiliseer