# Die adjunkminister van Indiensneming en Arbeid, Judith Nemadzinga-Tshabalala, sê geopolitieke skeiding en toenemende handelspanning dreig om ekonomiese interafhanklikheid wat dekades lank gevorm is, te laat ontspoor. Sy het ʼn toespraak gelewer by die vierde G20-indiensnemingswerksgroep se vergadering in die Wes-Kaap. Sy sê ʼn skielike, groot tariefverhoging deur ʼn belangrike handelsvennoot soos Amerika is nadelig vir Suid-Afrika se ekonomiese landskap. Tshabalala sê gelykheid beteken alle nasies het ʼn regverdige aandeel en sterk stem om ekonomiese reëls te bepaal.
Adjunkminister van Arbeid sê handelspanning bedreig lande se ekonomiese interafhanklikheid