Skip to content

Sokker: Wirtz teken eerste doel aan vir Liverpool wat Japan klop

# Sokker: Florian Wirtz het sy eerste doel vir Liverpool aangeteken toe die Premierliga-kampioene in ʼn vriendskaplike wedstryd in Japan Yokohama F. Marinos met 3-1 verslaan het. Die Franse voorspeler Hugo Ekitike het sy debuut vir Liverpool gemaak, een week nadat hy van Eintracht Frankfurt by hulle aangesluit het. Wirtz het die telling voor ʼn skare van 65-duisend aanhangers gelykop gemaak nadat Yokohama vroeg in die tweede helfte die eerste doel behaal het. Trey Nyoni en Rio Ngumoha het daarna ook tot Liverpool se oorwinning bygedra.