# Fietsry: Die viermalige Tour de France-wenner, Tadej Pogačar, gaan vanjaar se Vuelta a España in Spanje misloop omdat hy wil rus en voorberei om sy Wêreldkampioenskaps-titel vir padwedrenne te verdedig. Die 26-jarige Sloween het Sondag sy vierde Tour-titel opgeraap. Die Vuelta is die enigste een van die drie Grand Tours wat Pogačar nog nie gewen het nie. Hy beplan om middel-September weer mee te ding in die Kanadese eendagwedrenne in Quebec en Montreal voordat die Wêreldkampioenskap ʼn week later in Rwanda begin.
Fietsry: Tadej Pogačar gaan volgende maand se Vuelta a España misloop