# Die Nasionale Raad van Provinsies oorweeg vandag die Toedelingswetsontwerp en die Wysigingswetsontwerp op Eskom-skuldverligting. Die Nasionale Vergadering het verlede week die twee wetsontwerpe aanvaar. Die Toedelingswetsontwerp maak voorsiening vir fondse van die Nasionale Inkomstefonds vir die 2025/2026-boekjaar. Die Wysigingswetsontwerp op Eskom-skuldverligting stel betaling van rente in op lenings aan die kragvoorsiener, in plaas van die vorige rentevrye leningstruktuur. Die raad moet die Toedelingswetsontwerp goedkeur voordat die begrotingsproses afgehandel kan word.
Nasionale Raad van Provinsies oorweeg Toedelingswetsontwerp en Wysigingswetsontwerp op Eskom-skuldverligting