# Die Konstitusionele Hof hoor vandag ʼn dringende aansoek van die MK-party aan wat president Cyril Ramaphosa se besluit om die minister van Polisie, Senzo Mchunu, op spesiale verlof te plaas en Firoz Cachalia as waarnemende minister aan te stel, uitdaag. Die MK-party voer aan Ramaphosa het nie volgens die Grondwet opgetree toe hy Mchunu op verlof geplaas en Cachalia, wat nie ʼn kabinetsminister is nie, aangestel het. Ramaphosa sê dis binne sy mag om ministers aan te stel en af te dank, en hulle op spesiale verlof te plaas.
Konstitusionele Hof hoor MK-party se saak teen Ramaphosa aan oor Mchunu-besluit