Skip to content

Rugby: Rassie sê die Bokke maak reg vir ‘n strawwe Rugbykampioenskap

# Rugby: Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, sê die span is besig met voorbereidings vir ‘n moeilike Rugbykampioenskapsveldtog wat op 16 Augustus teen die Wallabies in Johannesburg afskop. Hy het die belangrikheid van die twee-weke oefenkamp beklemtoon en gesê dit is noodsaaklik om te verseker dat afrigters, spelers, en die hele bestuurspan belyn is en reg is vir die kompetisie. Die Springbokke het die prestige-toernooi verlede jaar vir die eerste keer sedert 2019 gewen. Die Bokke beëindig die eerste week se oefenkamp môre en kom weer Sondag in Johannesburg bymekaar.