Skip to content

Rugby: Hoof van Wêreldrugby steun wedstryd-beamptes in tweede toets tussen Australië en Leeus

# Rugby: Die uitvoerende hoof van Wêreldrugby, Alan Gilpin, het sy steun uitgespreek vir die wedstrydbeamptes in die tweede toets tussen Australië en die Britse en Ierse Leeus in Melbourne. Hulle is erg gekritiseer oor die besluit om Jac Morgan nie te straf vir ‘n vermeende onwettige optrede voor die Leeus-heelagter Hugo Keenan se wendrie nie. Die kritici sluit in die Wallabies se afrigter, Joe Schmidt, en Rugby Australia se uitvoerende hoof, Phil Waugh. Gilpin sê hulle sal soos gewoonlik skeidsregterbesluite hersien, maar nie die bevindings bekend maak nie.