Skip to content

Johannesburgse burgemeester gaan program vir dienslewering in Soweto lei

# Die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, sal ‘n gefokusde diensleweringsprogram in Streek D in Soweto, lei. Die operasie moet antwoorde vind vir belangrike uitdagings oor dienslewering soos die herstel van slaggate, die skoonmaak van rioolverstoppings, antwoorde vir navrae oor rekeninge, die skoonmaak van onwettige stortingsterreine en die herstel van straatligte. Die metro sê die program is ‘n burgemeestersprioriteit wat in Februarie vanjaar in Streek F van stapel gestuur is en vandeesmaand ook in Streek B en D voortgesit is.