Skip to content

ANC-jeugliga verwelkom inhegtenisneming van gewese munisipale bestuurder in Sindiso Magaqa-moordsaak

# Die ANC-jeugliga verwelkom die inhegtenisneming van ʼn gewese munisipale bestuurder van die Umzimkhulu-munisipaliteit in KwaZulu-Natal, in verband met die moord op Sindiso Magaqa. Die gewese sekretaris-generaal van die jeugliga wat ʼn raadslid in die munisipaliteit was, is in 2017 doodgeskiet. Die sluipmoordenaar, Sibusiso Ncengwa, is vroeër die maand tot 25 jaar tronkstraf gevonnis. Die jeugliga eis dat die res van die verdagtes ook onmiddellik gearresteer word. Dit sluit wetstoepassers in wat die sluipmoord moontlik gemaak het deur wapens te verskaf, logistieke beskerming gebied het of skuldig is aan regsverydeling.