# President Cyril Ramaphosa ontken bewerings dat sy besluit om die minister van Polisie, Senzo Mchunu, op spesiale verlof te plaas eerder as af te dank op spesiale behandeling neerkom. Hy het dokumente by die Konstitusionele Hof ingedien in reaksie op ʼn dringende aansoek deur die MK-party en sy leier, Jacob Zuma. Die aansoek verklaar Ramaphosa se besluit as irrasioneel en teenstrydig. Ramaphosa sê sy mag om ministers aan te stel en af te dank, sluit diskresie in om hulle op spesiale verlof te plaas, veral onder omstandighede wat ʼn onpartydige ondersoek vereis.
Ramaphosa ontken dat minister Mchunu spesiale behandeling ontvang