# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, sal vandag die bevindinge bekendstel oor die tender van 800-miljoen-rand vir ‘n suurstofaanleg. Die verslag, saamgestel deur PricewaterhouseCoopers, fokus op verkrygings-onreëlmatighede en bewerings van korrupsie gekoppel aan die Onafhanklike Ontwikkelingstrust. Macpherson sê hy sal die bevindinge beskryf en die stappe wat gedoen sal word om die verantwoordelike persone aanspreeklik te hou.
Minister Macpherson stel vandag PwC se verslag oor suurstofaanlegtender van R800-miljoen bekend