# Padwedlope: Die nuwe raad van die Twee Oseane-marathon gaan met Stad Kaapstad vergader om hulle verskille uit die weg te ruim. Die organiseerders het vanjaar meer as die voorgeskrewe aantal deelnemers vir die half-marathon toegelaat in stryd met die permit, waarop die metro sy steun en borgskap onttrek het. Die stadsraad het ook gedreig om ‘n permit vir volgende jaar se wedloop te weier tensy daar groot veranderinge kom. ‘n Nuwe raadslid, Stuart Mann, sê Vrydag se vergadering is die eerste stap om die stadsraad se vertroue te herwin.
Padwedlope: Nuwe raad van Twee Oseane wil verhoudinge met Stad Kaapstad herstel