Skip to content

Soil of Africa ruk op na N4 Gateway oor voortslepende kwessies

# Die drukgroep Soil of Africa gaan na die N4 Gateway in die ooste van Pretoria opruk om met die bestuur te vergader oor sake wat die omliggende gemeenskappe raak. Die beweging sê hulle eise is nie onderhandelbaar nie. Dit sluit in dat minstens 45-persent van die arbeidsmag inwoners van Mamelodi en Nellmapius moet wees. Ander eise sluit in dat alle werknemers wettige dokumente moet hê en dat die maatskappy moet begin om plaaslike ondernemings van Mamelodi te subkontrakteer.