# Wêrelduniversiteitspele: Span Suid-Afrika het 19 medaljes, insluitend ses goud, vyf silwer en agt brons, by die FISU Wêrelduniversiteitspele in Duitsland verower en algeheel sewende op die medaljelys geëindig. Die grootste deel van die span se medaljes het van swem en atletiek gekom. Die negentienjarige spoedvraat Bayanda Walaza het die spele met drie medaljes afgesluit, met goud in die 100 en 200 meter en silwer in die vier-maal-100 meter-aflos. Japan was boaan die medaljelys met 79, gevolg deur China en die VSA.
Wêrelduniversiteitspele: Span SA verower 19 medaljes in Duitsland