Skip to content

NVG kap uitlek van beëdigde verklaring in Bushiri-saak oor getuieveiligheid

# Die Nasionale Vervolgingsgesag het die uitlek van ‘n beëdigde verklaring deur ‘n staatsgetuie in die saak teen die omstrede Malawiese pastoor, Shepherd Bushiri veroordeel. Lumka Mahanjana van die NVG sê die verklaring, wat deel is van die saakdossier wat met die verdediging gedeel is, kan die staat se saak ondermyn en die getuie, wie se volledige besonderhede en foto gepubliseer is, in gevaar stel. Die verhoor is vasgestel vir 4 Augustus 2025. Mahanjana het die media versoek om verantwoordelik te berig sonder om getuies in gevaar te stel.