Skip to content

Krieket: Nieu-Seeland is gunsteling in eindstryd van driehoekige T20-reeks teen Proteas in Zimbabwe

# Krieket: Nieu-Seeland word as gunsteling beskou in vandag se eindstryd teen Suid-Afrika in die driehoekige T20-reeks in Zimbabwe. Die Swartpette is onoorwonne in die reeks nadat hulle die Proteas en die gasheer elk twee keer geklop het. Suid-Afrika het nie ‘n volsterkte span gestuur nie omdat van die voorste spelers rus voor die witbal-toer na Australië, terwyl die span ook nog sy kombinasies moet regkry. Die statistieke is egter ten gunste van die Proteas, wat Nieu-Seeland in 11 van hul 17 vorige T20-ontmoetings geklop het.