Skip to content

Rugby: Gewese Leeu-kaptein Martin Johnson spoor span aan voor tweede toets teen Australië

# Rugby: Die gewese Engelse ster-speler, Martin Johnson, het die Britse en Ierse Leeus aangevuur voor môre se tweede toets teen Australië in Melbourne. Johnson het Engeland gelei toe hulle die Wêreldbeker in 2003 gewen het, en was ook in 1997 kaptein van die Leeus wat ‘n reeksoorwinning oor die Springbokke behaal het. Hy het die belangrikheid beklemtoon om in groot wedstryde kalm te bly en die basiese dinge reg te doen. Die wedstryd sal voor 95-duisend toeskouers gespeel word. Die Leeus het die eerste van die drie toetse gewen.