# ʼn Twee-en-tagtigjarige man is gisteraand op sy kleinhoewe in die Buffelsdrift-omgewing, noord van Pretoria, vermoor nadat vier aanvallers glo sy huis binnegekom en hom aangerand het. Maroela Media berig Buffelsdrift Bewarea het in ‘n verklaring bevestig die slagoffer is Mossie Mostert. ʼn Selfoon en geld is uit die huis gesteel. Volgens die gemeenskap was hy ʼn geliefde inwoner en jarelange eienaar in die gebied. Buffelsdrift Bewarea het ʼn beroep op die publiek gedoen om die familie die nodige privaatheid te gun terwyl hulle hierdie verlies verwerk.
Bejaarde man op kleinhoewe noord van Pretoria vermoor