# Die MK-party het die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, gevra vir ‘n geheime stemming oor die mosie van wantroue teen president Cyril Ramaphosa. Die party sê ‘n geheime stemming sal verseker dat parlementslede hul grondwetlike plig vrylik en sonder vrees vir intimidasie of vergelding kan uitoefen. MK se parlementêre leier, John Hlophe, sê dit is veral belangrik gegewe die sensitiewe aard van die mosie en die potensiële politieke gevolge vir individuele lede. Hy sê ‘n geheime stemming sal die integriteit van die stemproses beskerm.
MK-party vra speaker van die Parlement vir ‘n geheime stemming oor wantrouemosie teen Ramaphosa