# Tshwane Metropolisie het hierdie week 64 ongedokumenteerde buitelandse burgers in Centurion en Sinoville in hegtenis geneem tydens operasies gerig op onwettige immigrasie. In Centurion is elf mense sonder dokumente in hegtenis geneem, terwyl 21 in Sinoville aangekeer is. Hierdie arrestasies volg op ‘n vorige operasie in Equestria waar 32 onwettige immigrante aangehou is. Die polisie se woordvoerder, Isaac Mahamba, sê die arrestasies het op verskeie boupersele plaasgevind, waar kontrakteurs dikwels ongedokumenteerde individue as goedkoop arbeid in diens neem.
Meer as 60 onwettige immigrante in drie dae in Tshwane in hegtenis geneem