Skip to content

18 taxi’s sonder permitte geskut in Tshwane [KLANK]

# Die Tshwane-distrikspolisie doen ‘n beroep op taxi-eienaars om te verseker dat hul voertuie padwaardig is met die regte dokumentasie vir die metro. Dit volg nadat 18 taxi’s gister tydens Operasie Shanela in Ga-Rankuwa en Akasia geskut is omdat hulle nie geldige vervoerpermitte gehad het nie. Die polisiewoordvoerder, Johan van Dyk, sê 184 kennisgewings van die oortreding van die Wet op die Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe ten bedrae van 94-duisend-400-rand is uitgereik vir verskeie verkeersverwante oortredings:

AFR JohanonImpounded