Skip to content

Vier mans doodgeskiet in Kwazakhele, Oos-Kaap [KLANK]

# Die Oos-Kaapse polisie is op soek na verdagtes ná die moord op vier mans in Kwazakhele, Gqeberha, gistermiddag. Die mans is doodgeskiet terwyl hulle in ‘n motor in Thanduxolo Mbete-straat gesit het. Polisiewoordvoerder, Andre Beetge, sê toe hulle op die toneel aankom, het hulle die liggame met veelvuldige skietwonde in ‘n silwer Toyota Corolla gevind. Beetge sê die identiteit van die slagoffers en verdagtes, sowel as die motief vir die moorde, word ondersoek:

ENG AndreonKwazakhele