# Die DA sê die herstel van die Nasionale Vervolgingsgesag se vermoë om misdadigers tronk toe te stuur, is noodsaaklik om Suid-Afrika veilig te maak vir sy landsburgers en om geslagsgeweld uit te roei. Die Oos-Kaapse Hooggeregshof het vroeër die week beslis die NVG is nie geregtig op ʼn verduideliking van die hof se onskuldigbevinding van die Nigeriese televisie-prediker, Timothy Omotoso, op aanklagte van verkragting nie. Die DA sê dit sal die NVG se saak in die Appèlhof verswak en kan tot nog ʼn nederlaag in die stryd teen geslagsgeweld lei.
DA sê mislukte Omotoso-vervolging eis nuwe verbintenis tot NVG-hervorming