Skip to content

X moet teen Vrydag kinders in EU teen volwasse inhoud beskerm of gevolge dra

# Ierland se mediawaghond, wat namens die Europese Unie optree, het Elon Musk se sosiale netwerk, X, gewaarsku om teen vandag reëls in te stel om kinders se toegang tot volwasse inhoud te beperk of optrede te verwag. Die reguleerder moet toesig hou oor nakoming deur tegnologiereuse soos X, Meta en TikTok, wat almal Europese hoofkwartiere in Dublin het. ‘n Aanlyn veiligheidskode met bindende reëls is in Oktober aanvaar om gebruikers teen skadelike inhoud te beskerm. Platforms is nege maande gegee voor die omvattender bepalings in werking tree.