# Die vakbond Giwusa eis die onmiddellike terugtrekking van Prasa se treinkaartjie-prysverhogings vir Metrorail se pendelaars. Die vakbond se president, Mametlwe Sebei, sê Prasa het aangekondig dat kaartjiepryse van 1 Augustus met tot twee-rand-50-sent verhoog word vir ‘n enkelkaartjie, ses-rand vir ‘n retoerkaartjie en meer as 100-rand vir maandkaartjies. Hy sê die besluit is ‘n ekonomiese aanslag op miljoene werkers: