Skip to content

Rugby: Voormalige Affies-kaptein een van drie nuwelinge in Haaie se span vir die Curriebekerreeks

# Rugby: Die voormalige kaptein van Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria se eerste span, die senter Janco Purchase, is een van drie spelers in die beginspan wat Saterdag hulle buiging vir die Haaie in die Curriebeker-kompetisie maak. Die ander twee is die flank Sphephelo Mbonambi en die vleuel Khuthi Rasivhaga. Hulle gaan die Leeus op Ellispark pak. Nick Hatton is weer die kaptein. Die hoofafrigter, JP Pietersen, weet van die druk wat op hulle wag, maar die voormalige Haaie- en Springbok-ster het sy spelers aangemoedig om hulle man te staan.