# Die regering doen ʼn beroep op elke skoolhoof, distriksamptenaar, stasiebevelvoerder, lid van ʼn skoolbeheerraad en leerder om aktief by te dra tot ʼn kultuur van veiligheid by skole. Die regeringswoordvoerder, Nokululeko Mtshali, sê afknouery, intimidasie en geweld gaan nie geduld word nie en sulke gedrag moet onmiddellik by skool- of wetstoepassingsowerhede aangemeld word. Sy sê afknouery is ʼn aanval op menswaardigheid en moenie verdra word nie: