Skip to content

Staatsdiensvakbond eis dringende ingryping om werkers van Noodwes Parke- en Toerismeraad te beskerm

# Die Vereniging van Staatsamptenare sê hy is geskok oor ernstige gesondheid- en veiligheidskendings van die werkers by die Noordwes Parke- en Toerismeraad. By Wolwespruit-natuurreservaat doen werkers glo patrollies sonder behoorlike uniforms of persoonlike beskermingstoerusting. Die vakbond vra noodinspeksies by al die fasiliteite en onmiddellike verspreiding van persoonlike beskermingstoerusting aan alle werkers in die voorste linies. Hulle brand- en veiligheidstoerusting moet ook gediens word en gevaarlike stowwe soos asbes moet verwyder word.